Ons spesialiseer in risiko- en voorsorgfondsprodukte in die nismark van die landbou. Ons weet dat elke plaas of landboustruktuur anders is. Dit is waarom ons 'n unieke en veelsydige produk bied wat noodsaaklik is vir ons mark. Ons produk is uiters aanpasbaar en kan in 'n verskeidenheid van behoeftes voorsien terwyl dit eenvoudig genoeg is om administrasie te vergemaklik en koste te beperk. Ons word ondersteun en bestuur deur 'n raad van trustees wat van Agri SA, TLU SA en die LWO afkomstig is, saam met professionele onafhanklike trustees.
Gaan kyk gerus op hul webtuiste vir meer inligting by http://www.aspf.co.za/aspf/index-af.html