Kommoditeite • Ander
Effektiewe mikro-organismes: wat dit is, en hoe dit grond en plante bevoordeel.
Wat is dit
EM is effektiewe mikro-organismes wat algemeen in die natuur voorkom en saam in 'n gemengde kultuur floreer.
Hoe dit werk
EM vermeerder die populasie van voordelige mikrobes in die grond en skep 'n omgewing waarin ander natuurlike, voordelige organismes ook kan floreer. Onthou dat EM 'n lewende entiteit is: skep altyd die gunstigste moontlike omstandighede, bv. dien dit toe wanneer dit koel en vogtig is.