#

Media

Nuus vanaf Pietersburg DLU

Boere kry swaar met swak pryse op die mark. Lone wat opgaan, inset kostes, kunsmis en gifstowwe wat so gestuig het dat boere moet sny waar hulle kan! Boere voel onveilig op hulle eie plase met al die plaasmoorde. Diefstal neem net toe en niks word daaraan gedoen nie.

Vandag vra ons vir elke boer om nie te gaan lê nie maar om te vertrou op ons Vader in die Hemel! Psalm 66:7,9 "wat ewig heers deur sy mag en die nasies in die oog hou. Die vyand moet hulle nie teen God verset nie! Dit is Hy wat ons die lewe gee en nie toelaat dat ons struikel nie!."

Skenkings 2022/2023

2022 Was daar groot brande in Kuschke gebied en kon TLU SA die boere help met voer. Pietersburg DLU het brandstof geskenk om voer aan te ry. Daar is besluit om dringend vuurvegters aan te skaf.

Pietersburg DLU het laasjaar vir Dendron BV en Bloedrivier BV elk 2 nuwe vuurvegters aangekoop om te help met brande in hul omgewing.

Ons is tans besig om Legkraal BV se vuurvegters te diens en reg te kry vir die brand seisoen.

Skenking is gegee vir die Witkruis Monument opgradering asook vir ons Noordstreek kantoor vir 'n nuwe rekenaar.

vers

VERSKILLENDE SKAKELS


web counter