#

Strukture

Verskillende strukture

1 / 5
2 / 5
3 / 5
4 / 5
5 / 5
OMSKRYWING VAN TERME GEBRRUIK TER VERDUIDELIKING VAN STRUKTURERING EN FUNKSIONERING VAN VERSKILLENDE SOORTE AFFILIASIES:

'n Boerevereniging (BV) is:
'n Vereniging van boere wat affilieer by ‘n Distrikslandbou-unie (DLU) wat op sy beurt by TLU SA geaffilieer is.

‘n Boere-unie (BU) is:
'n Unie wat bestaan uit minstens vyftig lede (minder waar goedkeuring verkry is) wat by TLU SA affilieer op dieselfde basis as ‘n DLU.

'n Distrikslandbou-unie (DLU) is:
'n Sambreel-struktuur wat tot stand kom waar ‘n aantal boereverenigings saam groepeer en dan by TLU SA affilieer.

'n Streek is:
'n Sambreel-struktuur wat tot stand kom waar die verskeie bogenoemde affiliasies saam groepeer in belang van effektiewe dienslewering binne die bepaalde grense van die Streek se bedieningsgebied soos bepaal deur die Algemene Raad van TLU SA.

'n Geaffilieerde koöperasie/landboubesigheid/spesialiteitsvereniging is:
‘n outonome instelling wat by TLU SA geaffilieer is en sodoende sitting op die AR en Kongres verkry.

web counter