#

GRONDBESIT

TLU SA ondersteun die ware geskiedenis oor grondbesit in Suid-Afrika

1 Mei 2019

Mnr Louis Meintjes, President TLU SA, Sel: 082 461 7262

TLU SA dring daarop aan dat die waarheid oor die geskiedenis van grondbesit sy regmatige plek bo die verdraaide en vals weergawes van die ANC-regering en sommige ander politieke partye inneem.
“Die spreekwoord lui: Al loop die leuen nog so snel, die waarheid agterhaal hom wel,” sê mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA. “Buiten ‘n verwronge en vernietigende ideologie waaraan die ANC so styf vashou, word hulle onakkurate weergawe oor die geskiedenis van grondbesit en die ontwikkeling van die land so wyd en gereeld verkondig dat nie net hulleself nie, maar nuwe generasies en ander oningeligte mense dit nou as die enigste waarheid glo.
“Hierdie leuens wat hulle verkondig is die fondament waarop byna al hulle argumente geskoei word,” sê mnr. Meintjes. “Vernietig hierdie leuen en die ANC se hele argument val plat.”
Die TLU SA-lid mnr. Werner Weber het met die hulp van verskeie rolspelers in die geskiedenis gedelf en die korrekte feite in die boek The South African Land Issue weergegee.

Die debat rondom grondbesit in Suid-Afrika


Swart grondbesit in 1820 en die Groot Trek na die binneland


Natal en die Zoeloes

Lydenburg, die Pedi’s en Swazi’s

Die Bataung en Matabeles in die Vrystaat

Voortrekkers kry land as vergoeding

Louis Trichardt en die Vendas

Meer oor The South African Land Issue

“Ons wil graag hê dat mense hulle vergewis van die ware feite van grondbesit in Suid-Afrika voordat hulle aan die debat daaroor deelneem,” sê mnr. Meintjes. “Versprei gerus die inligting aan alle Suid-Afrikaners.”

web counter