admin@pdlu.co.za | 082 815 1639 | Facebook LinkedIn

Pietersburg Distrik Landbou-Unie • Sedert 1920

Ons staan saam vir
die boer, die grond
en die toekoms.

Het jy vandag geëet? Bedank die boer en sy plaaswerker. Geen boer, geen kos, geen toekoms.

106 jaar se diens aan die kommersiele boer in ons distrik
Boere Gholfdag 2026 plakkaat

Ten bate van boereveiligheid • In samewerking met PDLU

Boere Gholfdag

13 November 2026 • Polokwane Gholf Klub
BOF Borgskap
R5 000
Sluit 'n 4-bal in
4-Bal inskrywing
R3 000
Per span van vier
  • Halfweg-huis ingesluit
  • Braai na gholf
  • Kompetisie: 4-bal alliansie
  • 2 tellings wat tel
  • Prysuitdeling
  • Hoofborg: Xfuels
Danie Bouwer
082 490 0263  •  daniebou11@gmail.com
HoofborgXfuels
Boek jou 4-bal Laai inskrywingsvorm af

Projek Pitte • Kwek 'n kampioen

Goliat van Gat

Wees deel daarvan. Wees die kampioen.

Hierdie jaar se wenpampoen was 125.5 kg Kan jy dit klop?
R100vir 5 sade
  • Beproefde genetika vir groot resultate
  • Kweek jou eie reusepampoen
  • Wees die volgende kampioen van 2027
  • Wennerspys: kontantprys, trofee en 'n regte opskop
Weegdag en finale: 6 Maart 2027By The Ranch Resort, Polokwane

Bestel jou sade via e-pos by youth@agrihx.co.za. Beperkte sade beskikbaar, moenie dit misloop nie. Kontak Izelle by 082 815 1639.

Bestel jou sade
Goliat van Gat, Kwek 'n Kampioen plakkaat

Wie ons is

Meer as 'n eeu se stem vir die boer

Die Pietersburg Distrik Landbou-Unie (PDLU) is geaffilieer by TLU SA en verteenwoordig die kommersiele boere van ons distrik. Ons werk saam om boere veilig en volhoubaar op hulle grond te laat boer, sodat voedselsekerheid bevorder en landelike stabiliteit gehandhaaf word.

Ons boodskap is dat boere moet vasbyt en bly hoop. Moed opgee en hoop verloor mag nie deel van die Suid-Afrikaanse boer se DNS wees nie. Ons staan sterk saam, benut geleenthede en reik saam na die toekoms.

Ons struktuur strek van die plaaslike boerevereniging deur die distrik tot by TLU SA op nasionale vlak, sodat elke boer 'n stem het waar dit saak maak.

Ons geskiedenis Ons struktuur

Hoe ons werk

Ons struktuur

Van die plaaslike boerevereniging tot by TLU SA op nasionale vlak. Klik op die diagram om dit te vergroot.

PDLU en TLU SA struktuurdiagram

Wat ons doen

Projekte wat 'n verskil maak

Fondse uit ons jaarlikse Tarentaaljag en byeenkomste word herbelê in die veiligheid en welstand van ons boeregemeenskap.

Veiligheidsprojek

Te danke aan ons ondersteuners is 8 kameras opgerig by Bylsteel, Matoks, Legkraal en Dendron om ons boeregemeenskap veiliger te maak.

Meer oor veiligheid →

Skenking van blowers

Met fondse uit die Tarentaaljag kon ons 6 blowers aankoop en 2 aan elke boerevereniging skenk om brande doeltreffend te bekamp.

Ondersteun ons →

Tarentaaljag

Ons jaarlikse Tarentaaljag is die hartklop van ons fondsinsameling. Die 2026-jag is weens bek-en-klouseer (BKS) gekanselleer. Ons volgende jag is 5 Junie 2027. Skryf vroegtydig in.

Tarentaaljag-bladsy →

Kennis wat groei

Ysterberg Vee Studiegroep

Die Ysterberg Vee Studiegroep is in 2022 gestig. Elke tweede maand vind 'n vergadering plaas waar boere baie kan leer by mekaar en by kundige aanbieders. Kom woon gerus een van ons vergaderings by.

Aansoekvorm Bakkiesblad
Komende vergaderings
06AUG
Vergadering2026
01OKT
Vergadering en afsluiting2026

Merk jou kalender

Komende datums

Die belangrikste datums om te onthou. Kontak ons kantoor vir volledige besonderhede.

06Aug 26
Ysterberg Vee Studiegroep
01Okt 26
Ysterberg afsluiting
13Nov 26
Boere Gholfdag
06Mrt 27
Goliat van Gat weegdag
05Jun 27
Tarentaaljag

Sluit aan

Word deel van 'n span wat vir jou opstaan

TLU SA werk sedert 1897 ononderbroke om die kommersiele boer veilig en volhoubaar op sy grond te laat boer. As lid van PDLU staan jy nooit alleen nie.

Sluit aan by TLU SA Lidmaatskap-vorm
TLU SA logo Geaffilieer byTLU SASedert 1897 aan die boer se kant
  • Belange­verteenwoordiging op plaaslike, streeks- en nasionale vlak.
  • Veiligheids­netwerke en gemeenskaps­veiligheidsplanne.
  • Kundige advies oor grondbesit, arbeid, omgewing en meer.
  • Studiegroepe en byeenkomste wat jou boerdery vorentoe vat.

Ons span

PDLU Dagbestuur

U kan ons enige tyd skakel vir meer inligting.

ISIzelle Scott

Izelle Scott

Bestuurderes
AVAntonie Vercueil

Antonie Vercueil

Vise-Voorsitter
DMDerich van der Merwe

Derich van der Merwe

Sekundi Vise-Voorsitter
PWPieter Wentzel

Pieter Wentzel

Tesorier
DMDawid Maree

Dawid Maree

Addisionele lid

Kom ons gesels

Kontak ons