
Boere kry swaar met swak pryse op die mark. Lone wat opgaan, inset kostes, kunsmis en gifstowwe wat so gestuig het dat boere moet sny waar hulle kan!
Boere voel onveilig op hulle eie plase met al die plaasmoorde. Diefstal neem net toe en niks word daaraan gedoen nie.
Vandag vra ons vir elke boer om nie te gaan lê nie maar om te vertrou op ons Vader in die Hemel!
Psalm 66:7,9 "wat ewig heers deur sy mag en die nasies in die oog hou. Die vyand moet hulle nie teen God verset nie! Dit is Hy wat ons die lewe gee en nie toelaat dat ons struikel nie!."
2023
Pietersburg DLU het 2023 vir Dendron BV en Bloedrivier BV elk 2 nuwe vuurvegters aangekoop om te help met brande in hul omgewing.
2 Van Legkraal Dendorn BV se vuurvegters is heeltemal oorgedoen en 1 is gediens.
Skenking is gegee vir die Witkruis Monument opgradering, Voortrekkers kamp, asook vir ons Noordstreek kantoor vir 'n nuwe rekenaar.
2024
Hierdie jaar het ons BV's aangevra vir blowers om te help met brande.
Ons kon vir elke BV 2 nuwe blowers skenk.
Daar kon ook vir die Voortrekkers kamp 'n klein skenking gemaak word.
9 September 2024 Wian Süllwald bekroon as TLU SA Jongboer van die Jaar 2024
4 September 2024 TLU SA Kongres 2024
2 September 2024 Konsultasie en Publieke Deelname
2 September 2024 ʼn Begrip van die tweepot-aftreestelsel
2 September 2024 Boodskap van Bennie