admin@pdlu.co.za | 082 815 1639 | Facebook LinkedIn

Kommoditeite • Ander

Inligting oor beeste

Identifikasiemerke, bemarking en die hantering van siektes by beeste.

Identifikasie

Vir 'n identifikasiemerk moet die aansoekvorm ingevul en gestuur word aan SanetC@daff.gov.za, of gefaks word na 012 319 7551. Gebruik jou ID-nommer of registrasienommer (indien 'n besigheid aansoek doen); sonder die nommer sal die aansoek nie slaag nie. Meer inligting is by stocktheftprevent.co.za en die regering se registrasiediens.

Bemarking van diere

Wetgewing wat die bemarking van vee reguleer, beskerm die eienaar en alle rolspelers in die rooivleiswaardeketting. Hiervoor is die Wet op Veediefstal (Wet 57 van 1959) en die Wet op die Identifikasie van Diere (Wet 6 van 2002) gepromulgeer, en albei is steeds van krag. Die wette hanteer twee aspekte: die koop en verkoop, sowel as die vervoer van vee. Enigeen wat met vee handel dryf, moet op hoogte wees van al die wetgewing; hierdie is slegs die hooftrekke.

Siekte by beeste

Voorsorg vir die winter: al draai die seisoen, moenie ophou met interne parasiet-programme nie. Hierdie tyd van die jaar is ideaal om diere skoon te kry vir die winter. 'n Goeie ontwurming en vitamien A-behandeling voor die winter word aanbeveel. Dit is ook 'n goeie tyd om met oorgangslekke te begin: 'n voorstel is 'n 50% fosfaatlek en 50% proteĆÆen/winterlek, en van einde Mei af 'n 100% proteĆÆenlek.