Kommoditeite
Riglyne oor water, minerale, hulpbronbewaring en prospektering.
In terme van die Grondwet het elke persoon die reg op toegang tot bruikbare, skoon water. Besoedeling is een van die grootste gevare wat Suid-Afrika se watervoorraad bedreig, en menslike moedswilligheid of nalatigheid speel hierin 'n kardinale rol. In terme van die Waterwet is die bevuiling van water 'n oortreding wat swaar strafbaar is, en die Wet plaas ook 'n plig op enigeen wat toelaat dat water besoedel word, hetsy aktief of passief.
Hantering van mynbouverwante aktiwiteite op privaateiendom.
Ons moedig boere aan om hul boerdery-aktiwiteite volgens 'n hulpbronbewaringskode te bedryf en te skakel met die betrokke departemente oor die beskerming van hulpbronne. Ons verskaf riglyne oor die stigting van brandbestrydingsverenigings, verkry eerstehandse inligting en ondersteuning vanaf die Departement Omgewingsake oor die voorkoming en behandeling van besoedeling, en hou inligting oor die bestryding van indringerplante deurlopend by die LNR op.
Sien alle verwante riglyne oor prospektering en wat benodig word. Lede kan by die kantoor aanvra vir die nuutste riglyne.