admin@pdlu.co.za | 082 815 1639 | Facebook LinkedIn

Sluit aan

Lidmaatskap en aansoekvorms

Word deel van 'n span wat sedert 1897 vir die kommersiƫle boer opstaan.


Hoe dit werk

Word 'n lid

TLU SA het sy lidmaatskapsformaat aangepas om voorsiening te maak vir lede uit die landbougemeenskap, sowel as ondersteuners van landbouers in die land. Verskillende kategorieƫ lidmaatskap word op die vorm aangedui.

Laai die toepaslike vorm hieronder af en stuur dit aan admin@pdlu.co.za. Indien u probleme ondervind om die vorm af te laai, kan u dit ook elektronies aanvra, of vir Izelle Scott skakel by 082 815 1639.

Doen aanlyn aansoek by TLU SA

Kategorieƫ

Kies jou lidmaatskap

Klik op 'n kategorie om die beskrywing te sien en die vorm af te laai.

Enige kategorie lid wat 'n groter bydrae vir landbou wil maak. Met Diamant-lidmaatskap verkry die lid individuele stemreg by die Algemene Raad sowel as by die Kongres.

Laai Diamant-vorm af

Kommersiƫle of voltydse boer.

Laai Platinum-vorm af

Nie-kommersiƫle boer waarvan die munisipale rekening die grond as landbougrond aandui. Ook 'n plaasbestuurder of seun, mits die eienaar van die grond 'n Platinum-lid is.

Laai Goud-vorm af

Plaasbestuurder of nuwe boer. Word na 3 jaar hersien.

Laai Silwer-vorm af

Eggenoot van 'n Diamant-, Platinum- of Goudlid.

Laai Kategorie C-vorm af

Ondersteuner van TLU SA kry inligting, maar het geen stemreg nie.

Laai Ondersteuner-vorm af

Die Uitvoerende Komitee van TLU SA het hierdie spesiale lidmaatskap ingestel om boere wat weens die langdurige droogte onder groot finansiƫle druk verkeer, te help om lid te word. Geen lidmaatskapgelde word gehef nie. Die streeksvoorsitter evalueer die aansoek en dit is onderworpe aan sy aanbeveling.

Laai President-lidmaatskapvorm af