Meer oor PDLU
TLU SA dra die belange van die boer van onder af boontoe. Volledige leierskap, kontakbesonderhede en strukture is op TLU SA se webtuiste.
Nasionaal
Hoe dit inmekaarsteek
Van die plaaslike boerevereniging tot by die nasionale Kongres.
Die eerste struktuur en die naaste skakel aan die individuele lid. Boereverenigings vorm deel van 'n Distrikslandbou-unie.
Verteenwoordig lede in 'n bepaalde geografiese gebied en neem sitting by die Algemene Raad van TLU SA.
Verteenwoordig lede op provinsiale vlak en koƶrdineer die TLU SA-strukture in die provinsie.
Die hoogste gesag wanneer die Kongres of Algemene Raad nie in sitting is nie; die rigtinggewende beleidstruktuur.
Waar elke boere-unie en distrikslandbou-unie sitting het; die belangrikste besluitnemer en die hartkamer van TLU SA.
Die hoogste gesag op nasionale vlak.
Kontakbesonderhede en die jongste inligting oor TLU SA se leiers is op hul amptelike webtuiste.