admin@pdlu.co.za | 082 815 1639 | Facebook LinkedIn

Lidmaatskap

Wie mag lid wees

Die voorwaardes vir affiliasie en lidmaatskap by die Pietersburg Distrikslandbou-unie.


Voorwaardes

Wie mag lid wees

By die Unie mag alle liggame affilieer wat boerebelange behartig en deur boere beheer word, wat die gees en bepalings van die konstitusie van die Unie en diƩ van TLU SA in alle opsigte onderskryf en aanvaar, en wat deur die Uitvoerende Komitee van die Unie goedgekeur word.

Boereverenigings in die Distrikslandbou-unie se gebied, en landboukoƶperasies of landboumaatskappye, moet direk met die Distrikslandbou-unie affilieer.

'n Spesialiteitsvereniging wat reeds by die Transvaalse Landbou-unie geaffilieer is, is onderhewig daaraan:

  • Dat 'n spesialiteitsvereniging se aansoek om affiliasie deur 'n wettige konstitusie vergesel moet word;
  • Dat 'n spesialiteitsvereniging sitting op die betrokke bedryfskomitee van die Distrikslandbou-unie sal kry, en daardeur ook sitting op die Algemene Raad van die Distrikslandbou-unie soos bepaal in Artikel 10B(i)(c);
  • Waar sodanige spesialiteitsvereniging nie by die Transvaalse Landbou-unie geaffilieer is nie, sal die vereniging 'n bedrag moet betaal wat gelykstaande is aan die getal Transvaalse lede van die spesialiteitsorganisasie wat nie ook lede van 'n erkende Boerevereniging is nie, vermenigvuldig met die bedrag wat elke lid van 'n erkende Boerevereniging gedurende die jaar volgens die finansiesskema as ledegeld moet betaal.

Lidmaatskap van die Unie is 'n voorreg en kan deur die Algemene Raad toegestaan, geweier of beƫindig word waar daar volgens die mening van die Algemene Raad billike gronde vir sodanige handeling bestaan.

Dissiplinêre stappe kan deur die Algemene Raad ingestel word teen enige van die affiliasies van die Unie wat na die mening van die Raad in stryd met die bepalings en gees van die konstitusie van die Unie, of dié van TLU SA, handel.


Verder

Verdere vereistes vir lidmaatskap

Wat Boereverenigings betref, aanvaar die Unie dat die finansiesskema van georganiseerde landbou die enigste wyse daarstel waarop individuele lidmaatskap verkry kan word.

Ander affiliasies of instansies wat by die Unie wil affilieer, betaal jaarliks 'n ledegeld aan die Unie soos vasgestel deur die Algemene Raad.

Met die uitsondering van amptenare van affiliasies wat volgens die bepalings van die konstitusie sitting in komitees van die Unie mag neem, mag slegs persone wat ook lede is onder die finansiesskema van 'n Boerevereniging wat deur TLU SA erken word, sitting in enige Raad, Komitee of Subkomitee van die Unie neem.

Pietersburg DLU Konstitusie

Lees gerus deur die Pietersburg DLU se volledige konstitusie.

Laai konstitusie af